Nader tot God

ISBN 978-0-620-811127-

Uittreksel uit die Gebedsjoernaal
Gebed is ‘n belangrike deel van my persoonlike verhouding met God.  Dit is ‘n voortdurende interaksie met God deur die bestudering van sy Woord, deur dit te oordink en te memoriseer en dan deur gebed en afhanklikheid na sy troon te gaan om my hart voor Hom uit te stort.

‘Nader tot God’ gee die leser die geleentheid om doelbewus op verskeie onderwerpe in haar gebedslewe te fokus.  Daardeur ontstaan ‘n diepe afhanklikheid van God en word jou verhouding met God versterk om meer en meer soos Hy te word.  Dit bied jou die geleentheid om jou gebedslewe en Bybelstudie vir ‘n jaar te beplan.  Dis ‘n ideale geskenk vir jou spesiale gebedsvriendin. 
- Hester Boshoff
Nader tot God - Indeks
  1. Gebed
  2. Hoe om hierdie joernaal te gebruik
  3. Genade en Verlossing
  4. Geloof
  5. Hoop
  6. Liefde
  7. Blydskap
  8. Dissipelskap
  9. Lankmoedigheid en Geduld
  10. Vriendelikheid en Goedheid
  11. Getrouheid
  12. Sagmoedigheid en Vrede
  13. Selfbeheersing
  14. Vergifnis
  15. Jaarbeplanning vir Persoonlike Gebed
  16. Maandelikse Gebedsbeplanning
  17. Persoonlike Bybelstudie / Woordverkondiging
  18. Persoonlike Gebede
  19. Teksverwysings Opsomming per Tema

Kontak my vandag om hierdie gebedsjoernaal vir jouself te bestel - of as 'n spesiale geskenk aan iemand diep in jou hart teen slegs R150 per boek!